Die skepping van Adam

Die Skepping van Adam
Michelangelo, ongeveer 1511
fresko, 480 × 230 cm
Sixtynse kapel

Die Skepping van Adam is 'n fresko deur Michelangelo op die plafon van die Sixtynse kapel in die Vatikaanstad en dateer uit ongeveer 1511. Die skildery illustreer die Bybelse verhaal uit Genesis waarin God die Vader lewe blaas in Adam, die eerste mens. Die Sixtynse plafon bevat 'n reeks skilderye wat verhale uit Genesis uitbeeld: Die Skepping van Adam is die vierde in die reeks en is laaste voltooi. Dit is vandag een van die beroemdste beelde in die wêreld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search